Camping & 4x4 Resort | De Oude Putz Accommodation | Boesmanland | Northern Cape | Green Kalahari | South Africa
     

>> *New Arabesque Coffee Shop - Upington

GREEN KALAHARI
SEARCH BY MAP ACCOMMODATION ATTRACTIONS TOURS TRANSPORT HUNTING WEDDINGS CONFERENCES home
Contact Detail
  Nerina Vorster 082 7794034
Chris Vorster 082 7805821
Faks: 086 524 6593


Send an E-mail enquiry
Current rates and bookings
 
>> Make a Booking <<
 
 
De Oude Putz - Camping & 4x4 Resort
Boesmanland Camping & 4x4 Resort | Northern Cape | Green Kalahari | South Africa
   
>> click on the photo to enlarge <<
De Oude Putz is geleë aan die noordelike grens van die bekende Boesmanland, op die westelike rand van die Oranje rivier vallei. Hier kan jy ware plaaslewe ervaar met al die skoonheid en bekoring van dié landstreek. Van die bekende Witgat- en Kameeldoringbome, versamelvoëlneste, goedbewaarde boesmangrafte, lieflike sonsondergange en diep klowe.

Boere het in die tyd van die Groot Trek hulle hier kom vestig. In 1896 met die uitbreek van die runderpes het die boere weggetrek van die Oranje rivier en hulle 10km wes van die rivier gevestig. Hier is ‘n put gegrawe wat aan hulle en hulle vee water moes gee. Om die put het ‘n gemeenskap ontstaan met ‘n skool en ‘n onderwyser uit die Kaap.

Die omgewing is baie ryk aan voëllewe. Die hoë berge en klowe is die tuiste van 2 broeipare witkruisarende. Swerms (tot 1000) sandpatryse is soggens en saans sigbaar by hul watergate. Hierdie is ook die tuiste van die grootste vlieënde voël op aarde; die gompou. Die baie bekende versamelvoëlneste wat so groot is dat dit selfs ‘n hele boom kan verswelg is ook volop. Vele meer soos volstruise, wilde ganse, korhane, ludwig-se-pou en ander kleiner voëls is ook te sien.

Kom besoek ons en ervaar die daaglikse werkswyse van die tradisionele veeplaas. Kom kyk hoe die boklammers drink, hoe daar gemelk word en as jy ‘n ruiter is, het jy die geleentheid om saam te gaan as daar skape bymekaar gemaak word of sommer net ‘n lekker lang rit in die veld!

Indien jy graag jou staal met jou 4 x 4 wil kom toets, kan jy dit ook doen! Met +160km pad op 10 000 hektaar het jy die geleentheid om elke dag ‘n nuwe roete te ry! Dit wissel van maklik tot uiters moeilik! Enkel roetes wissel tussen 4 en 60km. Op die roetes is ‘n verskeidenheid braai en kampplekke. Skakel gerus vir Chris vir meer inligting.

GERIEWE
Chalet
Ten volle toegeruste chalet vir ‘n gesin van 4. Hier doen ons dit op die tradisionele manier: lanternlig en ‘n “donkie” vir warm water. Dus, geen elektrisiteit!

Kampering met ablusiegeriewe
Daar is 4 kampeerplekke met braaigeriewe en gesamentlike stort-, toilet en opwasgeriewe. Elke kampplek is geleë onder ‘n lieflike ou groot boom. Ons voorsien ook vuurmaakhout.

Kampering sonder ablusie
Hierdie kampplekke is vir jou wat alles het, en dit saamry! Jy het die geleentheid om in die ongeskonde natuur te kom tent opslaan. Pragtige klowe en sonsondergange sal jou begroet. Ons voorsien aan jou ‘n groot boom, vuurmaakhout, braaiplek en water.

Die beste tyd om ons te besoek is tussen Maart en November.


 
Upington.com the Green Kalahari tourism directory was brought to you by Upington-Online.
Camping & 4x4 Resort | De Oude Putz Accommodation | Boesmanland | Northern Cape | Green Kalahari | South Africa