Although there is constant humming
of quad bikes it do not disturb the tranquillity of
the Kalahari as you enjoy a few laughs, with friends
and family next to a braai. As it is getting warmer
you can take a dip in the refreshing farm dam to give
you enough courage to take on the challenging 3km
route between the dunes.
As the sun is going to bed between
the red Kalahari sanddunes and you see the lime-grass
that grows like hair on a dog’s back, you think
back to the beginning of time when Bushmen told their
hunting stories in the soft glow of a camp fire and
then you start to tell your own stories until the
Milky Way run all the way to the West.
After a hot shower in the luxurious
bathrooms you lie down to rest under the clear Kalahari
galaxy and you think back and relive every jumb and
obstacle you passed and as you glide into sleep you
know that today you were one. You, your bike and the
Kalahari.
Oppad na die Kgalagadi Transfrontier Park op die rand
van die misterieuse Kalahari is ‘n besige bestemming
vir avonturiers met Quad Bikes.
Alhoewel die quad bikes die rustige
Kalahari dag versteur, kan jy nog steeds die prag
en geure van die Kalahari ervaar saam met vriende
en familie langs ‘n gesellige braaivleisvuur,
terwyl die sonnetjie behaaglik tussen jou blaaie brand
en die gillende stemme uit die rigting van die verfrissende
plaas swemdam jou groet, skep jy weer moed om die
uitdagende roete tussen die duine aan te durf.
Wanneer die son stadig begin bed toe
gaan en die aandskemering aan die voet van die rooi
Kalahari-Sandduin gaan lê, laat die duinriet
wat kol-kol op sy rug staan, jou dink aan vervloë
dae toe Boesmans saans jagstories om vure vertel het,
net soos jou jaagstories vanaand.
Na ‘n verfrissende stort in
die luukse badkamers lê jy jou kop vir die nag
neer en staar na die oop prag van die helder Kalahari
sterrehemel en herleef jy weer die opwinding van elke
sprong en obstruksie wat suksesvol voltooi is, die
wind wat deur jou hare gewaai het en die wete dat
julle vandag een was. Jy, Jou Quad en die Kalahari.